
=====================================================================
Ligter taalmomente oor die grensdraad
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Ligter taalmomente oor die grensdraad

DIE stryd om die handhawing van Afrikaans het, genadiglik, ook sy ligter momente.

Dit het ek nou die dag weer besef toe my buurman, Frans Malan van Simonsig, wat   op Stellenbosch afgetree het, die volgende staaltjie oor 
prof. E.C. Pienaar   vertel het.

Di storie kom eintlik van wyle dr. Kosie Gericke, wat destyds prof.   Pienaar se buurman was in Noordwal, oorkant Coetzenburg se 
sportterrein op Stellenbosch. Dit moes hier kort na die Tweede Wreldoorlog gewees het, want prof. Pienaar is in 1949 oorlede, en as ek dit 
nie mis het nie, het dr. Gericke in 1946 as predikant Stellenbosch toe gekom.

Die twee buurmanne het soms in die tuin oor die grensdraad met mekaar gesels, en hulle het mekaar glo altyd plegtig as Neef aangespreek.

Op 'n dag merk neef Kosie dat neef E.C. 'n huishulp in diens het. Dit blyk toe 'n man uit die destydse Njassaland te wees. 'n Flukse krel, 
wat nie net die tuin netjies hou nie, maar ook in die kombuis help. Maar komende van Njassaland was hy natuurlik geen Afrikaans magtig nie,

Neef Kosie was deeglik bewus daarvan dat neef E.C., van Die Triomf van Afrikaans faam, 'n verbete   taalhandhawer was wat konsekwent 
geweier het om Engels te praat. Hoe nou gemaak met die Engelsprater? Op 'n dag kon neef Kosie sy nuuskierigheid nie langer bedwing nie, en 
oor die draad het so ongeveer die volgende gesprek plaasgevind:

"Neef E.C., dit lyk na 'n agtermekaar man wat jy hier in die tuin en die kombuis het.

"Maar neef E.C., ek wonder nou net. Met hierdie man wat nie Afrikaans kan praat nie -- hoe kom julle oor die weg?"

'n Oomblik stilte, en dan kom die antwoord.

"Neef Kosie, dit verheug my om jou te kan meedeel dat Engels in my huis uiteindelik die status van kombuistaal gekry het." Prof. J.P. 
Smuts,   Stellenbosch.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6116.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Maart 1999 /// 'Ek is Afrikaanse Euro-Afrikaan' (AV 6:1) /// Afrikaans, 
jy en die Grondwet (AV 6:1) /// Veeltaligheid gekoester deur jong mense (AV 6:1) /// Geletterdheid (AV 6:1) /// HOOFARTIKEL-- Jaar met nuwe 
uitdagings (AV 6:1) /// Taalervaringe van 'n Duitse immigrant (AV 6:1) /// Afrikaanse posiebron vir Lae Lande (AV 6:1) /// In Verneukpan 
en Boesmanland lf Afrikaans (AV 6:1) /// Onbeskaamd granaatbos /// Toegevoegde teenoor verminderde tweetaligheid (AV 6:1) /// Kortverhaal 
-- Huisdiere (AV 6:1) /// Onderwys-werksessies (AV 6:1) /// Afrikaanse Bybel op die Internet (AV 6:1) /// Jan Schutte: 'n Huldeblyk (AV 
6:1) /// 'Dominee, 'n mooi sin is 'n mooi ding' (AV 6:1) /// Ligter taalmomente oor die grensdraad /// Nuwe era vir Afrikaanse boek (AV 
6:1) /// Op spoor van Maleise invloed (AV 6:1) /// Millennium-blues (AV 6:1) /// Afrikaans kuier oor die drumpel (AV 6:1) /// Hy 
verpersoonlik eerlikheid (AV 6:1) /// Ons lesers skryf (AV 6:1) /// Koningin stap voor in die ry (AV 6:1) /// Di koor gee jou hoop (AV 
6:1) /// Met 'n uitsig op 'n park (AV 6:1) ///

